Storiebeer Stories podcast artwork
Kids & Family

Storiebeer Stories

by Storiebeer

Chart positions today · United States

Not on the United States charts we track today.

If you like Storiebeer Stories, try…

About the show

1, 2, 3, ruuustig... Welkom by Storiebeer Stories, die Afrikaanse podcast wat jou kind elke aand met 'n nuwe, opwindende storie sal vermaak. Ideaal vir ouers wat op soek is na 'n warm en koesterende manier om hul kinders voor slaaptyd te kalmeer. Ons vertel kinderstories op 'n verstaanbare en liefdevolle manier. Van tradisionele Afrikaanse stories tot nuwe avonture, elke episode is perfek om 'n bondel vreugde, liefde en verbeelding in jou huis te bring. Luister lekker saam. Voorstelle vir stories kan gestuur word na stories@storiebeer.co.za

Latest episodes

  • Maria, Jesus se Ma - 'n Dapper JA wat die wêreld verander het - Afrikaanse Bybelstories

    October 11, 2026 · 5 min

    Kom luister na ’n Dapper ja wat die wêreld verander het – ’n pragtige en hartverwarmende Afrikaanse Bybelstorie oor Maria, die moeder van Jesus. Maria was ’n doodgewone jong meisie uit Nasaret toe die engel Gabriël skielik met ’n…

  • Liewe Heksie en die bikini - Lekker Liewe Heksie Stories

    October 7, 2026 · 10 min

    Liewe Heksie word Juffrou Seesand! Trek aan die swemklere, want vandag gaan kuier ons saam met Liewe Heksie en Blommie Kabouter by die see! Met hul prysgeld in die sak vat die twee maats die trein strand toe vir 'n welverdiende…

  • Rut - Die meisie wat alles gelos het vir liefde - Afrikaanse Bybelstories

    August 16, 2026 · 5 min

    Kom luister na "Die meisie wat alles gelos het vir liefde". ’n aangrypende Afrikaanse Bybelstorie oor Rut, ’n jong vrou wat uit liefde en lojaliteit besluit het om nie haar skoonma, Naomi, alleen te los nie. Al kon Rut na haar eie mense…

  • Heksie en Blommie sing in die straat - Lekker Liewe Heksie Stories

    August 14, 2026 · 10 min

    Heksie en Blommie sing in die straat In vandag se episode leer ons dat selfs 'n "reënboog-heksie" groot planne kan beraam! Wanneer Koning Rosekrans vra vir hulp om 'n hospitaal vir Blommeland te bou, besluit Liewe Heksie en Blommie…

  • Die Drie Spinvrouens - 'n Storie van die Broers Grimm

    August 12, 2026 · 6 min

    Die Drie Spinvrouens – ’n Humoristiese Afrikaanse luisterstorie deur Storiebeer Het julle al gehoor van die drie vreemde vrouens wat so vinnig kan spin dat die gare soos balle uit die lug val? In vandag se episode luister ons na Die Drie…

  • Debora - Nege honderd strydwaens teen een dapper vrou - Afrikaanse Bybelstories

    August 9, 2026 · 5 min

    Kom luister na Nege honderd strydwaens teen een dapper vrou – ’n spannende Afrikaanse Bybelstorie oor Debora, die wyse profetes en rigter van Israel. Terwyl ’n gevaarlike leër met nege honderd ysterstrydwaens die volk bang maak, staan…

  • Liewe Heksie kry 'n Verjaarsdag - Lekker Liewe Heksie Stories

    August 7, 2026 · 6 min

    Liewe Heksie se Spesiale Verjaarsdag-verrassing Het hekse verjaarsdae? Liewe Heksie is nie so seker nie, maar met die hulp van Blommie Kabouter en Karel Kat, kry sy uiteindelik haar eie spesiale dag! Luister saam hoe Heksie voorberei vir…

  • Raponsie - 'n Storie van die Broers Grimm

    August 5, 2026 · 10 min

    Raponsie | ’n Klassieke Afrikaanse sprokie vir kleuters en hul ouersKom luister saam na die betowerende verhaal van Raponsie, die meisie met die lang, goue hare wat hoog in ’n geheimsinnige toring woon. Wanneer ’n prins haar pragtige sang…