Radioteater podcast artwork
Arts

Radioteater

by RSG

Chart positions today · Philippines

Not on the Philippines charts we track today.

If you like Radioteater, try…

Latest episodes

  • TUIMELDUIF deur Morné Malan

    October 8, 2026 · 1 hr 5 min

    'n Tweeling broer en suster van Mosselbaai word ná jare herenig om hulle ma se sewentigste verjaardag te vier. Saam word die Van Rensburgs gekonfronteer deur nuwe familie-uitdagings soos progressiewe Alzheimer se siekte, ou verwyte wat…

  • JOSHLIN – MEER AS ’N NAAM deur Herschelle Benjamin

    October 1, 2026 · 1 hr 6 min

    Vir die radio verwerk deur Henriëtta Gryffenberg. ’n Ma word, gekonfronteer met die verdwyning van haar elfjarige seun tydens ‘n hofsaak wat in die kollektiewe gewete aangehoor word. In hierdie vreemde hofsaal van openbare mening en…

  • LIESBET deur Leon van Nierop

    June 25, 2026 · 59 min

    Liesbet (die naam van ‘n lokomotief waarin Koningin Elizabeth volgens oorlewering ook gery het en die fluit getrek het) word van vergange se dae teruggebring, wanneer ‘n ou stoker, Absolom, deur ‘n hotelgroep aangesê word om ‘n lokomotief…

  • DIE POTPLANT deur Karli Heine

    June 18, 2026 · 38 min

    ‘n Klompie verwaarloosde plante in ’n kantoor is ongelukkig met hulle omstandighede. Hulle besef hulle kom al hoe nader daaraan om te vrek, en probeer onmiddellik planne beraam om te oorleef. Met ’n paar verwikkelinge en struikelblokke…

  • AMADEUS deur sir Peter Shaffer (Vertaal en verwerk deur Nerina Ferreira)

    June 11, 2026 · 1 hr 30 min

    Antonio Salieri is die afgetrede hofkomponis van die keiser Josef II, maar nou sit hy in sy blyplek in Wene en besluit om iets te bely... Hy vertel van sy eerste ontmoeting met 'n ander komponis, Wolfgang Amadeus Mozart. Mozart was 'n…

Show 7 more episodesShow fewer episodes
  • FRANK & GLADYS deur Tom Stoppard (vertaal deur Roy Niemann)

    June 11, 2026 · 30 min

    Frank skakel die telefoondiens wat die korrekte tyd aandui, maar herken dadelik die vrouestem aan die ander kant van die lyn. Dis sy oorlede vrou, Gladys! Hy besluit om die gebou wat hierdie diens lewer, binne te vaar, en te eis dat die…

  • EEN, TWEE, DRIE, BLOK MYSELF deur Karen Wessels

    June 4, 2026 · 57 min

    Wanneer ’n aantreklike vreemdeling, Walter, opdaag en haar wêreld stadig begin ontwrig, word dit duidelik dat alles nie pluis is nie. Soos Monika se werklikheid begin verbrokkel, word die jy meegesleur in ’n spanningsvolle onthulling van…

  • HARTSAKE deur Joe Kleinhans

    May 28, 2026 · 58 min

    In die wêreld van sepies en skyn, is daar soms net een storie wat te na aan die hart lê. Wanneer ’n akteur, wat ’n dokter in ’n sepie speel, in die hospitaal beland, vervaag die grense tussen fiksie en werklikheid. HARTSAKE is ’n moderne…

  • SLANG IN DIE GRAS deur Chris Madjiet

    May 21, 2026 · 1 hr 8 min

    Slang en sy groepie helpers tel kosbaarhede by die asgate op om te verkoop. Hulle stel veral belang in koper en aluminium. Hulle was almal in die tronk, en lede van die tronkbendes. Die hiërargie op die asgate is duidelik: Slang sê… en die…

  • GROETE VAN TANT MARTJIE deur Paula Hartzenberg

    May 14, 2026 · 57 min

    Martjie en Bruwer Groenewald (Rika Sennett en Anton Dekker) het nie 'n maklike lewe agter die rug nie. Daar is 'n leemte in Martjie se bestaan, wat sy hoop om uiteindelik te kan vul. Sy weet egter dit sal nie maklik wees nie. Haar man doen…

  • ‘N ONVERWAGSE KRISMISBOKS deur Christo Davids

    May 7, 2026 · 42 min

    Margie, ’n toegewyde verpleegster by Tygerberg Hospital, werk lang en uitputtende skofte om haar twee kinders, Zelda en Zak, te onderhou nadat haar man, Henry, haar jare tevore verlaat het. Zelda raak swanger ná ’n verhouding met George…

  • BLOED VAN MY deur JJ Roberts

    April 30, 2026 · 46 min

    Meyer is Simeon se ouer broer. 18 Maande tevore is hulle ouers in ’n motorongeluk dood, en Meyer moes sy studies staak en as Simeon se voog optree terwyl hy sy laaste twee jaar op skool voltooi. Simeon worstel met ’n skuldgevoel omdat hy…

Full episode archive on Apple Podcasts →

About the show

Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.