Strandloper – ’n vervolgverhaal podcast artwork
Fiction

Strandloper – ’n vervolgverhaal

by Maroela Media

Today: #125 in Fiction, South Africa on our combined chart.

Chart positions today · South Africa

If you like Strandloper – ’n vervolgverhaal, try…

Ranking history · South Africa

History builds daily. We started tracking this show on the Fiction, South Africa chart recently, so the trend line appears after a second day of data.
View as table
DateCombined RankApple PodcastsCastbox
Oct 11#125#135#54

Latest episodes

  • Strandloper – Episode 12

    May 28, 2024 · 10 min

    Tannie Ouvrou se rustige aand by die losieshuis word versuur deur Oom Fred wat ontstellende nuus met haar deel. Jack de Wet se naam kom weer ter sprake, die man wat Bloubaai wil verander met sy casinoplanne. Hoekom gaan Tannie Ouvrou hom…

  • Strandloper – Episode 11

    May 27, 2024 · 10 min

    Nicolien hoor by Engela hoe die twee Spaanse vroue wat saam met Mauritz duik oor hom swymel. Sy probeer Engela oorreed om saam te gaan na ʼn oefening van seeredding, maar Engela het haar bedenkinge – veral omdat Willie daar gaan wees.

  • Strandloper – Episode 10

    May 24, 2024 · 9 min

    Oom Fred terg Mauritz oor die twee aantreklike Spaanse duikers wat vir ʼn duikkursus by hom aangekom het en boonop ook by die losieshuis tuisgaan. Dylan se koffiekiosk boer agteruit, en die casinogedagte word al hoe aantrekliker vir hom.

  • Strandloper – Episode 9

    May 23, 2024 · 10 min

    Willie besoek Engela by Die Seekat-restaurant om haar handtekening vir die casinopetisie te kry, maar hy kry ʼn antwoord wat sy asem wegslaan en wat hulle verhouding verander. Dit is duidelik dat Bloubaai in twee geskeur word deur Jack de…

  • Strandloper – Episode 8

    May 22, 2024 · 10 min

    Tannie Ouvrou en Oom Fred het een van hulle vele uitbarstings in die losieshuis. Engela leer hoe om Seewierjellie te maak wat ʼn feestelike Bloubaai-nagereg is. Daar is groot kommer oor Mauritz wat nie met die geleende bakkie opdaag ná sy…

Show 7 more episodesShow fewer episodes
  • Strandloper – Episode 7

    May 21, 2024 · 10 min

    Nicolien is verstom oor die ware stories wat Dylan haar van die visvywers op Bloubaai vertel. Sy loop Mauritz by Geel Walle raak waar hy pas klaar geduik het. Maar hulle is nie alleen nie. Daar is vreemde mededuikers, en hulle twee kry ʼn…

  • Strandloper – Episode 6

    May 20, 2024 · 10 min

    Mauritz maak klaar om te gaan duik. Willie waarsku hom om ekstra versigtig ná die skietery te wees. Hulle spekuleer, soos almal, oor die voorval by die hawe. Mauritz onthou van die briefie die vorige aand en Dylan se woorde, “my luck sal…

  • Strandloper – Episode 5

    May 17, 2024 · 10 min

    Oom Fred en Nicolien spoor Dylan eindelik op, maar daar is meer vrae as antwoorde oor Dylan se gedrag. Oom Fred stel ʼn ultimatum aan Dylan. Daar is pistoolskote by die hawe … ʼn eerste keer op Bloubaai. Wie skiet na wie, en hoekom?

  • Strandloper – Episode 4

    May 16, 2024 · 10 min

    Engela en Willie se vriendskap vat vlam oor middagete in haar restaurant, Die Seekat. Engela is bekommerd oor Mauritz se duikery, veral met sy pa wat jare gelede ook geduik het en sy raaiselagtige dood daarna. Dylan raak onverwags soek…

  • Strandloper – Episode 3

    May 15, 2024 · 11 min

    Nicolien wag Mauritz by die losieshuis in. Sy moet vir hom ʼn geheimsinnige briefie van Tannie Ouvrou gee. Sy wil dolgraag saam met hom gaan duik, maar die ongeluk verander die planne. Tannie Ouvrou bied aan om Oom Fred by die losieshuis te…

  • Strandloper – Episode 2

    May 14, 2024 · 10 min

    Willie lig Tannie Ouvrou in oor die ongeluk by die hawe waarin Oom Fred, Nicolien en Bobbi-hulle was. Engela wonder oor Dylan. Hy is nie sy ou vrolike self by sy koffie kiosk op die hawe nie; selfs die seevoëls word uitgeskel. Boonop kry…

  • Strandloper – Episode 1

    May 13, 2024 · 10 min

    Oom Fred se geduld is op met die wagtery by die losieshuis vir Tannie Ouvrou se personeel wat hy smiddae moet wegry. Hy en sy stamp weer koppe oor ʼn ou geskil. Hoekom ontstel dit haar steeds ná al die jare? Nicolien kry ʼn saamrygeleentheid…

Full episode archive on Apple Podcasts →

About the show

Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou se verlede wat sy met haar ywerige hande probeer wegwerk, net om telkens weer deur Strandloper daaraan herinner te word. Jy sal Oom Fred en sy skaduwee Witvoet ook daar kry. Hy baklei teen hotelbaas Jack de Wet wat tradisies in die naam van vooruitgang vertrap. Daar is ʼn petisie wat probeer wal gooi, en dit skeur die dorp. Maar daar is ook dinge wat hulle saamsnoer. Nie net is dit Afrikaans se eeufeesjaar nie, maar ook Bloubaai se 100ste bestaansjaar, en die dorp gaan ʼn dubbele viering daarvan maak. "Strandloper" word vervaardig deur Maroela Media. Dit is egter nie al wat die dorpenaars besig hou nie. Onder die blou waters lê die rykdomme van die see: kosbare perlemoen en skeepswrakke wat gierige hande lok. Hiérin lê een van die dorp se bes bewaarde geheime vasgeknoop. Strandloper se pa het onder raaiselagtige omstandighede gesterf, en almal swyg daaroor. Steeds gee niemand bes nie. Dít is die opwindende storielyn van Maroela Media se radiovervolgverhaal "Strandloper", geskryf en opgevoer deur Bettie Kemp.