Inkommers podcast artwork
Fiction

Inkommers

by Maroela Media

Chart positions today · Germany

Not on the Germany charts we track today.

If you like Inkommers, try…

Latest episodes

  • Kom weg: Hoofstuk 12

    January 9, 2024 · 18 min

    “As dit is hoe ʼn pa is, wil ek nie ʼn pa hê nie.”

  • Kom weg: Hoofstuk 11

    January 4, 2024 · 28 min

    “‘Moenie vir jou kom stuitig hou nie.’ Tannie Genade begin uitklim. Mara kyk by die venster uit en sy wonder of Melt ook bloos. Glipsie proes.”

  • Kom weg: Hoofstuk 10

    January 2, 2024 · 4 min

    “Sal jý wil huis toe gaan as jou huis vier sinkplate in ʼn plakkerskamp is?”

  • Kom weg: Hoofstuk 9

    December 28, 2023 · 23 min

    “Asof plakkers nie kan voel nie … Natuurlik het Mara se afjak my seergemaak, maar dit sou nie help om net ná die afskryfgemors verder te karring nie.”

  • Kom weg: Hoofstuk 8

    December 26, 2023 · 43 min

    “Die lummel grom binnensmonds en hou die slimfoon in sy regterhand bokant sy kop soos hy lomp tussen die kinders deur vir Dermpie Wilson probeer weghardloop.”

Show 7 more episodesShow fewer episodes
  • Kom weg: Hoofstuk 7

    December 21, 2023 · 8 min

    “Dit is eers toe ons mekaar beter leer ken dat ek verstaan het dit is van seer wat sy nie graag oor haarself wou praat nie; ʼn ander soort seer as myne, sou ek later agterkom.”

  • Kom toe: Hoofstuk 6

    December 19, 2023 · 15 min

    “My Bennie Afrikaner sê: ‘Hartlam, om in die Kom te kan oorleef, moet jy die Afrikaners verstaan, en dit is nie so maklik nie.”

  • Kom toe: Hoofstuk 5

    December 14, 2023 · 37 min

    “Ek wat Plakker is, is nou nog nie seker waar Johnie aan Martjie Alsweet gekom het nie, want ek bly wonder of Bennie se relaas oor die twee die volle narratief is.”

  • Kom toe: Hoofstuk 4

    December 12, 2023 · 39 min

    “Almal ken vandag nog dié twee se liefdesverhaal, want oorlede Soekie de Wit, gebore Smith, het hulle storie graag met gevoel vertel asof dit ʼn verhaal vir een of ander boekklub se sappige liefdesverhale is.”

  • Kom toe: Hoofstuk 3

    December 7, 2023 · 6 min

    “Teen dié tyd ken ek die storie van die Kom, Johnie se eiesinnigheid, en Martjie se deeglike navorsing ookal asof ekself daar was.”

  • Kom toe: Hoofstuk 2

    December 5, 2023 · 9 min

    “Bennie vertel my hy het Martjie Louw in sy jong dae, lank voordat hy van my geweet het, op ʼn aand by een of ander kerkfunksie op die dorp ontmoet.”

  • Kom toe: Hoofstuk 1

    November 30, 2023 · 15 min

    “Ek wat Plakker Prinsloo is, besef skielik dat selfs die naam Koepel, die Wêrelderfenisgebied, vir die Kommers ʼn inkommerwoord is wat maar net nie mooi lêplek in hul kollektiewe leksikon kan kry nie.”

Full episode archive on Apple Podcasts →

About the show

Die boek, "Inkommers", deur Hans du Plessis, word voorgelees en opgeneem deur Maroela Media. Dit word deur die uitgewer as ʼn eietydse verhaal beskryf. ʼn Kroniek van die Afrikaners – die familie, nie die volk nie – wat al van die Groot Trek se dae af wydsbeen oor die vuil Vaal in die Vredefortkoepel boer.