True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe podcast artwork
True Crime

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

by JacPod
Share this ranking Claiming needs an RSS feed. Contact us.

Chart positions today · Philippines

Not on the Philippines charts we track today.

If you like True Crime South Africa – die…, try…

Latest episodes

  • Shaun Oosthuizen se meester misdaadplan teen bejaarde vroue

    May 5, 2026 · 34 min

    Ouetehuise en aftree oorde in Gauteng en Mpumalanga was tussen 2015 en 2018 die teikens van gru moorde. Bejaarde vroue wat alleen gebly het, is aangeval, verwurg en beroof in ’n reeks misdade wat begin het met die geldgierigheid van Shaun…

  • Die Springs haarkapper wat jong meisies na verderf gelok het

    April 28, 2026 · 27 min

    Agtste Straat in Springs aan die Oos-Rand het in 2017 soos baie ander besige strate regoor Suid-Afrika gelyk - met 'n prokureursfirma, 'n skoonmaakbesigheid, snoepies en ook 'n mans haarkapper af in die straat. Agter die helder verf op…

  • André Klynsmith se aftreeplanne eindig in sy tragiese moord

    April 21, 2026 · 37 min

    André Klynsmith se hunkering na ’n droom aftrede saam met sy vrou het in sy tragiese moord geëindig, met ’n verstommende kinkel oor die ware moordenaar. Hy het in 2016 afgetree met al sy planne in plek. André het uiteindelik weer liefde…

  • Die berugte Station Strangler reeks moordenaar

    April 14, 2026 · 52 min

    Suid-Afrika het in 1994 geleef onder ’n reënboog van vreugde met die aanvang van demokrasie en die gevoel van vryheid. In die Mitchells Plein gebied van die Wes-Kaap was ouers egter vasgekeer in angs nadat die liggame van jong seuns gekry…

  • Die Ponzi-slenter van Craig Warriner

    April 7, 2026 · 36 min

    Die BHI Trust het in 2023 soos ’n huis van kaarte inmekaar getuimel en ’n Ponzi-skema aan die lig gebring waarin meeste van die beleggers alles verloor het. Craig Warriner is eens beskou as ’n gerespekteerde en betroubare belegger wat vir…

Show 7 more episodesShow fewer episodes
  • Die Matjane-gesinsmoorde en die hofsaak oor die impak van alledaagse pynpille

    March 31, 2026 · 56 min

    Dit was 'n middag in April 2015 toe 'n verhaal oor kindermoorde ontvou het, soos wat nog nooit vantevore in Suid-Afrikaanse howe gesien is nie. Rehithile Matjane het aangevoer dat 'n kombinasie van alledaagse pille en medikasie daartoe…

  • Die Moord op Ria Womarans in Botswana

    March 24, 2026 · 57 min

    Tienie en Ria Wolmarans het in die 1990s besluit om Botswana toe te trek na die Phakalane buurt in die hoofstad Gaberone, wat hulle gehoor het veiliger was as in Suid-Afrika. Daar was goeie skole, werks geleenthede en ’n goed gevestigde…

  • Die moord op Taliep Petersen

    March 17, 2026 · 47 min

    Die eerste episode van Seisoen 4 vertel die storie oor die moord op een van die land se helderste sterre, Taliep Petersen. Taliep Petersen kon gehore betower en saam meesleur met sy lirieke en musiek, maar is op die mees gewelddadige van…

  • Seisoen 4 vertel misdaad verhale waarvan jy moontlik nog nooit gehoor het nie

    March 10, 2026 · 1 min

    Die nuwe seisoen van dié bekroonde potgooi is terug met agt weeklikse episodes oor van Suid-Afirka se mees berugte misdaad intriges. Seisoen 4 strek van Botswana, met ’n moord in ’n buurt vol Suid-Afrikaners, deur Mpumalanga, Gauteng en…

  • Die Kroonstad Spoor Ramp

    April 29, 2025 · 28 min

    Suid-Afrika is in Januarie 2018 geskud deur ’n gru spoor ramp toe ’n Shosholoza Meyl passasiers trein en ’n trok buite Kroonstad gebots het. Chaos het op die toneel uitgebreek sowat 10 minute na die ongeluk toe passasiers besef het hulle…

  • Die reeks moordenaar, Sipho Thwala

    April 22, 2025 · 33 min

    Sipho Thwala het op ’n heuwel gesit en uitkyk oor die suiker riet plantasies, en probeer onthou waar die liggame is van die vroue wat hy reeds vermoor het. Thwala het een van Suid-Afrika se mees berugte reeks moordenaars geword en…

  • Die moord op Gabriela Kabrins Alban

    April 15, 2025 · 42 min

    Die poskaart mooi Kampsbaai in Kaapstad was in 2015 in die wêreld se soeklig toe ’n Amerikaanse toeris gru vermoor gekry is in een van die kamers van ’n luukse hotel. Gabriela Kabrins Alban en haar kêrel van Guatamala was in Suid-Afrika…

Full episode archive on Apple Podcasts →

About the show

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware intrigues agter van Suid-Afrika se mees berugte en skokkende misdade ooit. In dié veel bekroonde potgooi, vertel Jacaranda FM se Gerda de Sousa die stories agter ware misdaad verhale regoor die land. Die stories se tentakels strek van die Wes-Kaap tot by die noordelikste punt van Suid-Afrika se Limpopo provinsie. Misdaad ken egter geen grense nie, en dié potgooi volg Suid-Afrikaanse misdaad verhale ook in ander dele van die wêreld. True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe is nagevors, geskryf en vervaardig deur Nicole Engelbrecht vir haar gewilde True Crime South Africa reeks. Sy is ook die skepper van die gewilde I Lived Through This potgooi-reeks. Nicole is die skrywer van vier ware misdaad boeke, insluitende die jongte Bare Bones: Cold Cases from True Crime South Africa (gepubliseer in Afrikaans as Klipkoud). Nicole werk ook met TV produksie maatskappye saam om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. Toekennings vir True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe: * Top 10 Potgooi reekse vir 2025 op Spotify South Africa * Brons toekenning by die 2025 Bookmark Awards * Top 5 Episodes op Spotify in 2024 * Silver toekenning in die Misdaad Kategorie by die 2024 South African * Podcasters Guild Toekennings * Goue toekenning by die 2023 New Generation Awards * Brons toekenning by die 2023 Bookmark Awards * Top 5 potgooi reekse op Spotify 2022 Meer oor True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe: True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe is een van die enigste misdaad potgooi reekse wat nie net fokus op die misdaad self nie, maar spesifiek ook op die slagoffers. Van die episodes strek meer as ’n eeu terug, terwyl daar in ander geluister kan word oor ’n meer onlangse verhaal wat Suid-Afrika tot stilstand geruk het. Luister by jacarandafm.com of op Spotify en Apple Podcasts!